Scirocco Launch

SOUTHERN SEA VOLKSWAGEN MAAK VAN ‘N BLOU MAANDAG ‘N ROOILETTER-DAG

 

Maandagaand was beslis ‘n hoogtepunt op die Mosselbaaise Sosiale Kalender. Terwyl die res van die land se monde nog gewater het om die nuwe Scirocco uit die Volkswagen-stal te siene te kry, spring Southern Sea Volkswagenhulle voor en stel hierdie spogwa aan sy  kliënte bekend.

 

In sy verwelkomingsboodskap het Gideon Knoetze, eienaar van Southern Sea Volkswagen, die aap so effens uit die mou gelaat oor hoe hulle dit regkry om ander, groter handelaars ore aan te sit deur so gereeld “eerste” te wees met nuwe modelle, ens.

 

“By Southern Sea Volkswagen is ons met niks minder as die beste tevrede nie – goed genoeg is eenvoudig net nie goed genoeg nie! Ek glo ons kliënte weet en ervaar dit reeds en Volkswagen SA het dit nou ook uitgevind. Ons kannet die beste aan ons kliënte lewer as ons ook net die beste van hulle ontvang. Ons weier eenvoudig om ooit weer aan die agterste speen te suig en aanvaar nie nee as ‘n antwoord nie. Deur hiermee vol te hou, is ons reeds op verskeie terreine as een van die Top Ses in die land aangewys, maar ons sal nie rus voor ons die heel beste is nie. Mosselbaaiers verdien niks minder as dit nie!”

 

Wat is nou lekkerder as om so ‘n nuwe, opwindende droommotor van nader te besigtig nie! Gaste by die bekendstelling kon wegsink in die gemaklike sitplekke en terwyl hulle die prikkelende reuk wat net ‘n nuwe motor het, indrink kon hulle droom oor ver paaie in suiwer rygenot.

 

Die nuwe Scirocco , die derde geslag van hierdie sportmotor wat in sy tyd kult-status verwerf het, vier die terugkeer van ‘n legende. Die ontwerpers het duidelik ‘n sportmotor in gedagte gehad toe hulle die Scirocco ontwerp het. Skoon, suiwer lyne, baanbreker tegnologie en al die veiligheidseienskappe wat jy in motor van hierdie kaliber sou verwag. Ses lugsakke, buitengewone sterk kajuit, spesiale monteerstelsel vir kindersitplekke, spesiale eienskappe om voetgangers te beskerm en talle ander unieke kenmerke, maak van die Scirocco een van die veiligste motors op die pad.

 

Die Scirocco is tans beskikbaar in twee modelle met ‘n verskeidenheid van opsies om in jou bepaalde behoeftes te voorsien. Afgesien daarvan dat dit een van die veiligste en mees gevorderde motors is, het hy ook die “looks” om jou asem weg te slaan. En die binnekant is net so ongelooflik. Die kajuit is ‘n sportiewe en ergonomiese wonderwerk. Die instrumente, meters, konsoles en selfs deurhandvatsels vloei as’t ware inmekaar. Die ongelooflike sitplekke koester jou hele lyf en as jou hande om die stuurwiel vou, voel jy eintlik lus om ‘n renjaerspak aan te trek. Maar jy kom vinnig tot jou sinne as jy die radio aanskakel of jou gunsteling CD insit en die majestieuse klanke van die klankstelsel met sy agt luidsprekers vou jou toe.

 

Hierdie is beslis ‘n hartebreker en ons glo hierdie nuwe geslag Scirocco gaan nog ‘n groter legende word as enigeen van sy voorgangers. En wat hom veral gewild gaan maak onder die mense van die Suidkaap, is die feit dat hy, nes alle ander Volkswagens, gerugsteun word deur die ongeëwenaarde diens en aandag van Southern Sea Volkswagen.

Kom maak gerus kennis met hierdie hartebreker by Southern Sea Volkswagen in Marshstraat of skakel ons by 044-691-1302