|
SOUTHERN SEA VOLKSWAGEN
Southern Sea Volkswagen in Marshstraat, Mosselbaai, onder die bekwame leiding van eienaar Gideon Knoetze, bestaan uit ‘n span doelgerigte, hoogs opgeleide en professionele Volkswagen spesialiste wat trots is op hul Waardesisteem en dit ook daadwerklik uitleef.
“Ons Waardesisteem is gebaseer op die basiese beginsels van Eerlikheid en Integriteit. Daarsonder kan ons nooit hoop om ‘n gesonde en gelukkige verhouding met ons kliënte, kollegas of enige ander mens op te bou nie. Daarsonder kan ons nie ‘n werkomgewing skep waarin mense kan groei en ontwikkel tot hul volle potensiaal nie. En daarsonder kan ons ook nooit as ‘n samehorige en profesionele span ontwikkel nie”
Gebaseer op hierdie beginsels, poog almal by Southern Sea Volkswagen om te alle tye:
- mense te behandel soos hulself behandel wil word
- pro-aktief te wees
- eienaarskap te aanvaar vir alles wat hulle doen
- betyds te wees en om te doen wat hulle belowe het om te doen
- ware ambassadeurs te wees vir Southern Sea Volkswagen en Volkswagen SA.
Daarom is ons anders en daarom is ons die beste – en trots daarop!
Vir verdere inligting kontak ons gerus by 044-6911302 |